Lenny's News Flash / Lenny se nuusflits

Volume 19: 5 September 2025

Important Notice | belangrike kennisgewing

Die afgelope weEK in WPS

Sport:
Outeniqua toer:

Die afgelope naweek het WPS se A- en B-spanne na George opgeruk vir ons jaarlikse sporttoer. Ons het ‘n baie lekker naweek van sport en spangees gehad. Dankie aan die ouers wat die toer bygewoon het, vir u ondersteuning. Dit is elke jaar ‘n hoogtepunt op die kalender. Ons maak weer so.

Skaak:
6 spelers het deurgedring na die Top Skole o. 11-skaaktoernooi wat hierdie naweek in Hermanus gehou word. Baie sterkte, ons staan bankvas agter julle!

Rugby:
Ons o. 12A-rugbyseuns het deelgeneem aan die Marius Schoeman 7’s te Paarl Gim. Hulle het waardevolle ondervinding opgedoen.

Hokkie:
Vandag neem die o. 12-seuns en –meisies deel aan die Fast 5 Hokkietoernooi te Paarl Gim. Geniet elke oomblik!

Lentedag:
Die week het afgeskop met die viering van lente. Die maats het geblom in hul graad se kleur!

KOOR: WPS se junior- en seniorkoor het Woensdag opgetree by die De Kuilen Koorfees. Wat ‘n wonderlike ervaring! Dit was ‘n lang dag, maar wonderlike blootstelling vir ons leerders. Dankie vir elkeen betrokke!

EISTEDDFODS:
WPS is hierdie week verteenwoordig by die Montagu Eisteddfod, sowel as die Worcester Eisteddfod. Ons leerders het uitstekend gevaar!

Koekverkoping: Baie dankie vir elke persoon wat vandag se geleentheid moontlik gemaak het. Elke ouer wat items, geld of tyd geskenk het – DANKIE! U passie vir WPS beteken die wêreld!

Bloedskenk kompetisie @ WPS:
Maandag tussen 10:00 – 14:00 kan ouers kom bloed skenk by WPS. Die klas wie se ouers die meeste eenhede geskenk het, ontvang ‘n verassingspakkie vanaf die bloedbank. Koop gerus ‘n heerlike koffie by My Bru terwyl u wag.

The past week at WPS

Sport:
Outeniqua tour:

This past weekend, WPS’s A and B teams set off to George for our annual sports tour. We had a great weekend of sport and team spirit. Thank you to the parents who attended the tour, for your support. It is a highlight on the calendar every year.

Chess:
6 players made it through to the Top Schools u. 11 chess tournament which will be held in Hermanus this weekend. All the best, we are behind you!

Rugby:
Our u. 12A rugby boys participated in the Marius Schoeman 7’s at Paarl Gym. They gained valuable experience.

Hockey:
Today the u. 12 boys and girls are participating in the Fast 5 Hockey tournament at Paarl Gym. Enjoy every moment!

Spring Day:
The week kicked off with the celebration of spring. The learners bloomed in their grade colours!

CHOIR:
WPS's junior and senior choir performed at the De Kuilen Choir Festival on Wednesday. What a wonderful experience! It was a long day, but wonderful exposure for our learners. Thank you to everyone involved!

EISTEDDFODS:
WPS was represented at the Montagu Eisteddfod this week, as well as the Worcester Eisteddfod. Our learners did excellently!

Cake Sale:
A big thank you to every person who made today's event possible. Every parent who donated items, money or their time – THANK YOU! Your passion for WPS means the world!

Blood Donation Competition @ WPs:
Monday between 10:00 – 14:00 parents can come and donate blood at WPS. The class whose parents donate the most units, will receive a surprise package from the blood bank. Feel free to buy a delicious coffee at My Bru while you wait.

Opkomend / Upcoming

6/9
O.11 Top Skole Skaak
LS Mikro 7’s Rugby 10A/11A/13A
LS Mikro Netbal 10A/11A/12A/13A

8/9
BLOOD DRIVE @ WPS

10/9
TEST: GEOGRAPHY GR 4-7

12/9
Worcester Gim Krieketkliniek o. 8-9 @ 14:00
TEST: MATHS GR 4-7