Vennootskappe

Vennootskappe

Ons is dankbaar  vir ons vennootskappe met oresese skole soos “King’s Hawford Junior School” en “The Holy Redeemer School” in Engeland. Hierdie vennootskappe is in 2012 gevorm om seker te maak dat WPS op alle vlakke verbeter om sodoende kompeterend te bly met ander skole. Die skoolhoofde van beide skole het in Mei 2016 besoek afgelê by ons skool. Hierdie twee skole sal volgende jaar vier leerders borg.  Ons gaan die skryf van opdragte, vanaf King’s Hawford, in Engels en Wiskunde implementeer. Ons was ook bevoorreg om Mnr. Tom Brown (krieketafrigter) en Mnr. David Turner (Kunsonderwyser) by ons skool te hê vir 6 maande.

’n Nederlandse skool, die Christelijke Basischool “Het Talent” wil ook ’n vennootskap met ons skool sluit.  Verlede jaar het die skoolhoof, Mnr. Harm Kroeze, ’n Suid-Afrikaanse dag by hulle skool gehou om hierdie vennootskap te vier.  Ons sal voortaan nie net ’n Verenigde Koninkryk-dag hou nie, maar ook ’n Nederlandse Dag.