Welkom by

Primêre Skool Worcester Primary School

PER ASPERA • AD ASTRA

Primêre Skool Worcester Primary School is 'n parallelmedium, multikulturele skool geleë in Langerug, Worcester. Die skool maak voorsiening vir meer as 850 leerders in graad R – 7 van uiteenlopende agtergronde regoor Worcester en die omliggende gebiede.

Ons Visie

Ons visie by Primêre Skool Worcester Primary School is om 'n gelukkige en gebalanseerde kind die wêreld in te stuur – iemand met gesonde waardes, wat positief kan bydra tot die samelewing waarin hy/sy leef en wat ook met selfvertroue die steeds toenemende eise van die moderne lewe sal aanvaar.

Ons Missie

Primêre Skool Worcester Primary School, streef daarna om 'n beskermende, maar uitdagende leeromgewing te skep gebaseer op 'n Christelike etos waarin die potensiaal van elke leerder gefokus word en toegelaat word om te ontwikkel tot uitnemendheid binne die raamwerke van respek vir homself en ander, die omgewing en die diversiteit van die leerdersamestelling van die skool.

Bly op hoogte

met die D6 School Communicator

WPS gebruik die BLOU D6 COMMUNICATOR TOEP as kommunikasiekanaal met ons ouers. Hierdie program kan gratis op jou rekenaar of selfoon afgelaai word. Dit verskyn dan as 'n "pop-up" op jou rekenaar- of selfoonskerm. Alle inligting rakende eksamens, skooltye en sportwedstryde word op hierdie manier gedeel. Hierdie program word daagliks opgedateer om te verseker dat die jongste inligting beskikbaar is.