lenny se nuusflits

Die WPS Skoolkis

’n Skatkis van Stories en Hoogtepunte

27 OKTOBER - 31 OKTOBER 2025

Voederspantoernooi Pret by Worcester-Noord Primêre Skool!

Op 25 Oktober het ons deelgeneem aan Worcester-Noord Primêre Skool se Voederspantoernooi. Dit was ’n heerlike oggend vol spanpret, goeie sportmanskap en natuurlik - baie tennis!

Ons spelers het elke oomblik geniet en waardevolle ervaring opgedoen op die baan. Dankie aan Worcester-Noord vir ’n goed gereëlde en gesellige oggend!

Graad 7 Kampavontuur by Grabouw!

Wat ’n ongelooflike ervaring vir ons gr. 7-leerders! Die 3 dae by die pragtige Grabouw-kampterrein was vol spanbou en pret.

Van uitdagende aktiwiteite tot heerlike lag en samewerking — elke oomblik het spesiale herinneringe geskep wat vir altyd by ons sal bly.

Wat ’n fantastiese Familie Fiësta!

Die dag was vol kleur, lag en pret van begin tot einde. Die Kleurparade was ’n groot hoogtepunt, en almal het die stalletjies, springkasteel en waterglybaan geniet – die perfekte somerpret!

Die aand is afgesluit met ’n heerlike spitbraai en buitelugsokkie onder die sterre.

’n Wonderlike viering van familie, pret en gemeenskapsgees!

Wat ’n lieflike dag van tennis in Montagu!

Ons spanne het ons so trots gemaak! Ons kon nie vir 'n beter dag of energie op die baan vra nie. Welgedaan!

Meisieskrieket teen Paarl Hub!

Wat ’n wonderlike wedstryd! Ons meisies het Maandag met trots, spanwerk en entoesiasme gespeel teen Paarl Hub. Hulle het elke bal met moed en vasberadenheid geslaan, die gees op die veld was ongelooflik!
Ons is baie trots op elke speler – julle wys wat WPS-krieket regtig behels!

tennis

Hugo van Niekerk het verlede naweek vir die Kaapse Wynland Tennisspan gespeel.

Hulle span het 'n 1ste plek behaal. Baie geluk, Hugo!

Tennis vs Laerskool
Noord-Eind, Paarl

Die meisies het Dinsdag lekker tennis gaan speel in die Paarl. Die seuns se wedstryde was op tuisgrond.

KRIEKET

Baie sterkte aan Jan Pienaar (o. 12), Kosie Naudé (o. 13) en Riaan Hattingh (o. 13) wat vandag aan die finale o. 13-Boland Krieketproewe deelneem.

Hierdie 3 seuns is deel van die finale groep van 21 seuns uit die hele Boland wat aan die proewe gaan deelneem - alreeds 'n besonderse prestasie! Baie sterkte, seuns! Ons is reeds baie trots op julle!

BLOUMASJIEN VERJAARSDAE

Ons hoop julle het baie lekker verjaar!

Opkomend

3/11:
Krieket vs Laerskool Ashton (11B weg / 13B tuis)

4/11:
Carols under the Stars: Christmas Concert @ WPS

5/11:
Inentings/Vaccinations: Gr R/1/6/7
Tennis vs HEX

6/11:
Gr. R: Reptielman besoek WPS
PRESTIGE PRYSUITDELING/PRIZE GIVING

7/11:
Gr 5 & 7 Cake Sale
ALL STARS CRICKET DAY 2
LS Bonnievale Swemgala

8/11:
Match & Mingle Tennistoernooi Gr 6 & 7 @ Worcester Gimnasium
GTA/WPS Tennistoernooi Gr 1 – 4
Topolino Krieket 11A +13A (w) @ Hopefield
Courtrai Prestige Atletiek
Krieket WPS o. 9 vs WPS 11C
Krieket 11B vs FD Conradie (t)

10/11:
Krieket vs Laerskool Noord-Eind (11A tuis / 11BC weg)
Krieket vs Laerskool Courtrai Primary School (13A weg / 13B tuis / 13C HTSD-veld)