Inligting

Inligting

Skoolure

Gewone Skoolure:

Vir Leerders Vir Personeel
07:25 – 13:45 07:05 – 14:30

Addisionele Skoolure:

  • Elke Vrydag sluit die skool om 13:15 vir leerders.
  • Op dae wat die skool sluit vir skoolvakansies sluit ons om 10:30.

Sporttye:

  • Sien die betrokke sportkode program.

Kurrikulêr

Christelik gebaseerde opvoeding

  • Waar moontlik, maak ons van spraak- en beroepsterapeute sowel as opvoedkundige sielkundiges gebruik.
  • Rekenaarklasse in een van die beste rekenaar toegeruste sentrums vorm deel van ons kurrikulum.
  • Ons maak ook gebruik van ‘n moderne mediasentrum waar leerders inligting kan versamel of boeke uitneem om te lees vir ontspanning.
  • Leerderondersteuning word gebied deur Mev. J. Janse van Rensburg en hulpklasse deur die klasonderwyser.

Assessering

Leerders ontvang ‘n kwartaalverslag aan die einde van elke kwartaal. Hierdie verslae reflekteer ‘n kumulatiewe punt wat verkry word deur ‘n deurlopende assessering.

Skooluniform

Junior

Somer

Seuns & Meisies

  • Donkerblou sporthemp (nuut)
  • Donkerblou quantex kortbroek
  • Kaalvoet of wit tekkies
  • Ligblou skoolkouse (dogters)
  • Grys skoolkouse (seuns)
  • Skoolsweetpak baadjie of donkerblou trui indien koud

Winter

Seuns & Meisies

  • Donkerblou sporthemp (nuut)
  • Skoolsweetpak
  • Wit tekkies
  • Ligblou sokkies (meisies)
  • Grys skoolkouse (seuns)

Onthou: Bogenoemde geld vir sport ook
Beskikbaar by: De Jagers, Laslappies and Ukwenza Clothing
Meisies hare: Slegs donkerblou haar rekkies en haar knippies
Aanvaarbare juwele: Goud of silwer oorringetjies. Studs ook in goud en silwer. Slegs een per oor
Skoolbank: Dinsdae: 13:00 – 13:30

Senior – Somer

Seuns

  • Ligblou kortmouhemp (oopslaankraag)
  • Grys kortbroek
  • Grys skoolkouse met strepe
  • Swart skoolskoene
  • Moulose trui (opsioneel)

Dogters

  • Ligblou kortmouhemp (oopslaankraag)
  • Donkerblou skoolromp
  • Ligblou sokkies
  • Swart skoolskoene
  • Moulose trui (opsioneel)

Senior – Winter

Seuns

  • Ligblou skoolhemp
  • Skooldas
  • Grys langbroek
  • Grys skoolkouse met strepe
  • Swart skoolskoene
  • Donkerblou skooltrui met wapen of nuwe skoolsweetpakbaadjie

Dogters

  • Ligblou skoolhemp
  • Skooldas
  • Donkerblou skoolromp of grys langbroek
  • Lang swart kouse of grys skoolkouse met strepe
  • Swart skoolskoene
  • Donkerblou skooltrui met wapen of nuwe skoolsweetpakbaadjie

Liggaamlike Opvoeding

Seuns

  • Donkerblou quantexbroek
  • Donkerblou sporthemp (nuut)
  • Skoolsweetpak
  • Wit tekkies en grys skoolkouse of WPS hokkiekouse

Dogters

  • Donkerblou quantexbroek
  • Donkerblou sporthemp (nuut)
  • Skoolsweetpak
  • Wit tekkies en ligblou sokkies of Netbal & Hokkiedrag

Beskikbaar by: De Jagers & Laslappies.
Meisies hare: Slegs donkerblou haar rekkies en haar knippies.
Aanvaarbare juwele: Goud of silwer oorringetjies. Studs ook goud of silwer. Slegs een per oor.
Seuns hare: Een lengte.