Musiek

Aktiwiteite – Musiek

Musiek

WPS bied ook aan leerders die geleentheid om op kulturele vlak te groei en indien leerders musikaal aangelê is, het hulle die geleentheid by die skool om musiek te neem. Mev. Elbé van Wyk is die musiekonderwyseres by die skool en verskaf dié onderrig aan leerders wat musiek wil neem. Sy spesialiseer in 4 instrumente: Klavier, Blokfluit, Kitaar en Klawerbord.
Indien u kind klavier neem, word hy/sy ook blootgestel aan UNISA se klavier- en teorie-eksamens. Vir verdere inligting kontak Mev. E. van Wyk: 082 835 2712

Musiekfooie vir 2018:

  • Klavier (2x ½-uur lesse per week) – R1000,00 per kwartaal
  • Teorie & UNISA Theory (1x ½-uur les per week) – Gratis/ Free
  • Blokfluit (1x ½-uur les per week) – R475,00 per kwartaal
  • Kitaar (1x ½-uur les per week) – R475,00 per kwartaal
  • Klawerbord (1x ½-uur les per week) – R500,00 per kwartaal